1 Bedroom Apartment / flat for sale in Die Bult
Die Bult, Potchefstroom, North West
Listed by
Marietha Jacobs
Theo Eiendomme
Details
Warehouse-styl dupleks met moderne afwerkings en baie karakter. Hierdie pragtige 1 slaapkamer dupleks bied die perfekte kombinasie van industriële sjarme en moderne gerief. Met sigbare baksteenmure, hoë plafonne, staal-afwerkings en ’n unieke mezzanine-ontwerp skep hierdie woonstel ’n ruim en stylvolle leefervaring. Die oopplan leefarea vloei na ’n moderne kombuis met ingeboude kaste, elektriese oond, kookplaat, afsuigkap en ’n ruim ontbyttoonbank. ’n Afsonderlike opwasruimte bied plek vir ’n wasgoedtoestel en ekstra stoorruimte. Die leefarea spog met groot vensters en skuifdeure wat natuurlike lig inlaat, asook ’n gastetoilet op die onderste vlak. Die mezzanine-vlak huisves ’n ruim slaapkamer met ingeboude kaste en ’n en-suite badkamer. Ideaal vir jong professionele persone, eerste kopers of beleggers wat op soek is na ’n moderne en unieke woonstel.
Location
Map showing the location of 1 Bedroom Apartment / flat for sale in Die Bult